Life Changing

So paar weke terug het ons lewens completely verander – in goeie manier – eintlik ongelooflike manier. Ek en my man het in laasjaar ons lewens heeltemal vir die Here gegee maar in die jaar het ek besef iets is “short” … iets is nog nie heeltemal reg nie… iets is missing….

Die 13de Maart het ons soos normaal die aand kerk toe gegaan. Min wetend dat ek so “life changing” boodskap gaan kry in die diens. Ek het geweet hulle gaan vanaand groot doop. En ek wou ook graag eendag groot gedoop word – my rede was toe om my lewe ten volle aan Here te gee, maar nie vanaand nie want dis afterall groot ding waar ons familie moet nooi en fotos moet neem en en en. My dogtertjie besluit toe die aand sy gaan nie sondagskool toe gaan nie want sy wil graag sien hoe word mens groot gedoop.

Die diens het gegaan oor hoekom mens eintlik groot gedoop word. En dis glad nie eintlik eers die rede hoekom ek wou groot gedoop word nie. Dis toe in die diens die Sondagaand wat ek besef het waaroor groot doop eintlik gaan…Ek het wel my lewe al vir die Here gegee, maar ek het nog nie my verlede agtergelaat in daardie doopwater nie, ek is nog nie skoongewas deur daardie doopwater nie, ek het nog nie die Heilige Gees ontvang nie. Daar staan ek en my man toe na die diens – en die dominee vra almal om vorentoe te kom wat vanaand gaan groot gedoop word en hy vra is daar enige ander mense wat nog wil gedoop word vanaad en hulle moet vorentoe kom. Ek dog toe hoe kan ons NOU gedoop word, ons het nie ander klere hier nie – wie gaan na ons kinders kyk (My kinders is ongelooflik besig) En daar loop my dogtertjie onder toe na die doopwater toe met boetie hand aan hand om nou te gaan kyk hoe doen hulle dit. Ek loop toe agterna om seker te maak hulle sit stil daar onder en val nie in die water of iets nie:)

Onder staan ons selgroep leier ook toe en ek vra hom toe wanneer is die volgende doop, en hy sê toe dis so elke 2 of 3 maande en vra hoekom wil ons ook groot gedoop word. En ek sê toe vir hom JAAAAA maar jis dis lank nog voor die volgende doop. Hy sê toe vir my maar ons moet gaan!!!! Natuurlik sê ek toe vir hom ons het nie ander klere hier nie en wie gaan na ons kinders kyk. Hy jaag ons toe agtertoe en sê hy sal na kinders kyk vir ons – ons moet gaan!!!

Nou maar ja daar gaan ons toe en word gedoop en ons kinders het daar gesit en dit gesien, en ons selgroep leier se meisie het fotos geneem. Spur of the moment besluit – maar die beste besluit nog ooit!!!

10665284_10208679087837304_8075779434052405442_n

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s